Namibiese Dolfynprojek ondersoek sterftes van Kaapse pelsrobbe

Die Namibiese Dolfynprojek het meer as 400 karkasse van Kaapse pelsrobbe by Pelican Point ontdek wat die afgelope week gevrek het. Hulle neem monsters van die dooie welpies om vas te stel of die welpies weens bio-gifstowwe deur moedersmelk gevrek het. Daar is ooreenkomste met die vorige sterftes in 2020 en 2021 langs die Weskus van Suid-Afrika en die Pelican Point-kolonie. Die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, Naude Dreyer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.