Malema weer Maandag in hof oor roekelose hantering van vuurwapen

Die leier van die EFF, Julius Malema, sal weer Maandag in die streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn na voortgesette druk van die burgerregtegroep AfrifForum. ‘n Woordvoerder, Jacques Broodryk, sê hulle het in 2018 ‘n klagte teen Malema gelê na aanleiding van ‘n video waarin hy skynbaar ‘n skoot in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag kla hom aan van die afvuur en besit van ‘n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging.