Angela Basset ontvang ere-Oscar

Angela Bassett, Mel Brooks en Carol Littleton gaan ere-Oscars ontvang by vanjaar se Governors-toekennings. Die president van die Academy of Motion Picture Arts and Sciences, Janet Yang, sê Bassett het voortdurend voortreflike vertonings gelewer wat nuwe standaarde in toneelspel gestel het. Sy sê Brooks het harte met sy humorsin verbly en sy nalatenskap het ‘n onuitwisbare indruk op elke aspek van vermaak gelaat. Sy voeg by Littleton se loopbaan in filmredigering dien as model vir dié wat ná haar kom. Michelle Satter van die Sundance Institute sal die Jean Hersholt humanitêre toekenning ontvang.