Wildprodukte moet by plaaslike vleisdefinisies ingesluit word – LPM

Lede van die parlement het hul reaksie gegee op die minister van landbou, Calle Schlettwein, se voorstel om die Vleisbedryfswet van 1981 te wysig om ook ander kommoditeite soos suiwel, pluimvee en hul produkte in te sluit, aangesien hierdie bedrywe op die rand van ineenstorting is as gevolg van invoere na Namibië. Bernadus Swartbooi van die Landless People’s Movement het in die Nasionale Vergadering oor die definisie van vleisprodukte voorgestel dat dit oorweeg moet om vleisprodukte van wild soos seekoeie en krokodille as deel van vleisprodukte in te sluit.