Andre Compion is Agra se Speenkalf-kampioen van 2021

Andre Compion is as die 2021 Agra Speenkalf-kampioen gekroon. Volgens Agra is 9 027 speenkalwers vanjaar op veilings verkoop teenoor die 8 422 in 2020. Produsente het gemiddeld 7 567 Namibiese dollar twee sent per kop in 2021 verdien, terwyl ‘n gemiddelde prys van 6 655 dollar 86 sent in 2020 verdien is. Dit is die tiende keer wat die Agra Speenkalfkompetisie in hierdie formaat plaasvind en tussen 14 Julie en 7 September het 15 speenkalfveilings in die beesproduksiegebiede van Namibië plaasgevind.