Regter-president John Hlophe glo nie op kortlys vir hoofregter

Die naam van die Wes-Kaapse Regter-president, John Hlophe, is volgens berigte weggelaat van die kortlys vir die posisie van hoofregter. Hy was op die oorspronklike benoemingslys nadat die Black Lawyers Association hom benoem het. Hlophe word deur ‘n staat van beskuldiging in die gesig gestaar nadat ‘n regterlike gedragstribunaal hom skuldig bevind het aan erge wangedrag, wat hy in die hof betwis. News24 haal twee onafhanklike bronne aan wat sê Hlophe is nie op die finale lys wat aan president Cyril Ramaphosa gestuur is nie.