Politieke kenner sê SA stemkoers gaan dalk laer wees

Die politieke ontleder Aubrey Matshiqi sê die verwagte verandering ná die Suid-Afrikaanse plaaslike verkiesing gaan nie ten goede wees nie. Matshiqi het gesê vanjaar se stemkoers gaan dalk laer wees. Hy het ook verduidelik Suid-Afrikaanse stemgeregtigdes wat kies om nie te stem nie, neem ‘n demokratiese besluit.