ANC se NUK vergader eers môre oor Phala Phala

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC sal nie meer vanaand om sewe-uur byeen kom nie. Die woordvoerder, Pule Mabe, het die media meegedeel die vergadering vind nou môreoggend in persoon plaas. Die spesiale vergadering sal die verdoemende Phala Phala-verslag en die implikasies vir President Cyril Ramaphosa bespreek. Die Presidensie het intussen bevestig Ramaphosa beplan om Suid-Afrikaners vanaand oor die kwessie toe te spreek.