NLU: Geen verligting in produksiekoste in landbousektor

Volgens die Namibiese Landbou-unie se landbouverslag van die derde kwartaal, word geen verligting in produksiekoste in die landbousektor in die volgende kwartaal verwag nie, aangesien internasionale en dus plaaslike voer-, kunsmis- en brandstofpryse na verwagting hoog sal bly, omdat wêreldwye inset-beskikbaarheid beperk bly. Vanaf 2017 het brandstof met 49 persent gestyg, voer met 32,5 persent, dieregesondheid met 13,9 persent en voertuigherstel met 12,6 persent.