13 stappers uit Visrivier-canyon gered

‘n Totaal van 13 stappers is deur MR 24/7 nooddienste per helikopter uit die Visrivier-canyon gered. Een van die groep het ‘n verstuite enkel gehad, maar hulle het almal aan dehidrasie gely weens ‘n gebrek aan vars water, wat gepaard gegaan het met vomering en algemene swakheid. Die stappers was sowat 30km vanaf die eindpunt by Ai-Ais en kon nie verder stap nie. Die gemiddelde ouderdom van die groep was sowat 60 jaar, maar twee jonger lede in hul mid-20’s kon ook nie verder stap nie. Dit is tans baie droog in die canyon en vars water blyk ‘n probleem te wees.