ANC-regering gesels nog oor Putin en die Brics-beraad in Augustus

President Cyril Ramaphosa sê hy sal te gelegener tyd die besluit aankondig oor die Russiese President Vladimir Putin se bywoning van die Brics-beraad wat in Augustus plaasvind. Suid-Afrika is lid van die Internasionale Strafhof en dus verplig om ‘n lasbrief te gehoorsaam wat die tribunaal vroeër vanjaar uitgereik het om Putin in hegtenis te neem indien hy in die land aankom. Ramaphosa het in Pretoria tydens die staatsbesoek van Portugal se President Marcelo Rebelo de Sousa, gesê beraadslaging oor die kwessie gaan voort: