Ondersoek gelas na dam in Oekraïne verwoes is

Oekraïne het ‘n oorlogsmisdaadondersoek geopen na die vernietiging van die Nova Kakhovka-dam. Minstens 24 verskillende nedersettings in die Kherson-streek is reeds oorstroom, terwyl ontruimings voortduur. Die dam voorsien water aan ‘n groot deel van suidoostelike Oekraïne, insluitend die Zaporizhzhia-kernkragaanleg en die Krim-skiereiland. Volgens berigte het meer as 150 ton enjinolie uit die hidro-elektriese aanleg in die vloedwater gesypel. Oekraïne se President Volodymyr Zelensky, sê die vernietiging van die dam deur Rusland is ‘n daad van terrorisme. Rusland blameer die Oekraïne maar kenners meen die dam, wat onder Russiese beheer is, nie van buite vernietig kon wees nie en dus moes die Russe self die plofstof daargestel het.