Eienaars van onwettige voertuie het tot 14 Julie – NamRA

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA beoog om sowat 12,3 miljoen Namibiese dollar in te vorder van 258 voertuie waarop beslag gelê is nadat hulle ingesmokkel en op bedrieglike wyse in die land geregistreer is. Maar, die agentskap het ‘n verligtingsmaatreël vir eienaars van die voertuie aangebied en indien doeaneregte en belasting betaal is, kan hulle die voertuie opeis. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder by NamRA sê eienaars het tot 14 Julie vanjaar en daarna sal die voertuie verkoop word. Dit word gedoen in samewerking met die Namibiese polisie en die Paaie-owerheid wat onder NACURA bestuur word. Die NACURA-geleide ondersoeke na die onwettige invoer van voertuie in Namibië het aan die lig gebring dat ‘n aansienlike aantal voertuie onwettig ingevoer is, deur middel van vervalste doeanedokumente, en vervalste polisieklaringsertifikate.