ANC kyk na dispute van lede op sy uitvoerende komitee vergadering

Die ANC fokus na wat berig word op die oplossing van dispute wat deur lede geopper is by vandag se verlengde nasionale uitvoerende komiteevergadering. Die party gaan sy lys van kandidate vir raadslede vir die plaaslike owerheidsverkiesing finaliseer. Sommige ANC-lede in die Tembisa-area van Ekurhuleni en andere in Moreletapark in Pretoria het gekla oor beweerde inmenging en verkeerde prosedures by gemeenskapsvergaderings. Vandag se virtuele NUK-vergadering gaan sy kandidaatslys vir kiesafdelings en kandidate vir proporsionele verteenwoordiging afhandel. Diegene wat om burgemeestersposte meeding, sal na verwagting onderhoude ondergaan.