Caster Semenya weer in die nuus

Atletiek: Die omstrede Wêreldatletiek-verslag oor testosteroon-regulasies wat Caster Semenya  van Suid-Afrika verbied het om aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem, is deur die uitgewers reggestel. Die regstelling is in die Britse Journal of Sports Medicine gepubliseer. Die verslag van 2017 is van die getuienis wat gebruik is vir die verbod op deelname van atlete aan wedlope tussen 400-meter en ‘n myl. Dit is van toepassing op atlete wat ‘n seldsame genetiese kenmerk het wat verhoogde testosteroonvlakke tot gevolg het. Een van Semenya se regsverteenwoordigers, Gregory Nott, het aan die media gesê die atleet se regspan hoop Wêreldatletiek sal nou die tersydestelling van die regulasies steun.