Kenners maan oor plastiekbesoedeling en invloed op pelsrobbe

Vislyn en nette het ‘n groot impak op Kaapse pelsrobbe, die algemeenste mariene soogdier wat aan die kuslyn van Suid-Afrika en Namibië voorkom. Alhoewel hulle bevolkingsgetalle as gesond beskou word, veroorsaak plastiekbesoedeling, en veral vislyn en nette, erge beserings en kan dit ‘n stadige, pynlike dood tot gevolg hê. Naudé Dreyer van Ocean Conservation Namibia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy het die publiek ook gemaan om versigtig te wees as hulle robbe wat met vislyne en nette verstrengel is teekom.