ANC in KwaZulu-Natal teleurgesteld in uitslae

Die ANC in KwaZulu-Natal het sy teleurstelling uitgespreek nadat nie een van sy lede tot die party se top-sewe-leierskap verkies is nie. Dit was die tweede nasionale konferensie waar die provinsie nie daarin kon slaag om sy kandidaat verkies te kry in die party se nasionale leierskap nie. Die benoemde nasionale uitvoerende komitee-lid, Zizi Kodwa, sê KwaZulu-Natal se gebrek aan verteenwoordiging in die party se senior leierskap wek kommer. Kodwa sê dit sal die taak van die nuwe nasionale bestuur wees om die provinsie ingesluit te laat voel.