Reuse-skares verwelkom Argentynse sokkerkampioene terug

Sokker: Reuse-skares het die nuutgekroonde wêreldkampioen, Argentinië, ingewag by hulle terugkeer van die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die kaptein, Lionel Messi, het die goue trofee trots bokant sy kop gehou toe hy en sy spanmaats in die hoofstad, Buenos Aires, van die vliegtuig afklim. Die spelers het in ʼn oop bus deur die strate geparadeer, toegejuig deur tienduisende jubelende ondersteuners. Vandag is tot ʼn nasionale vakansiedag in Argentinië verklaar ter ere van die span wat die eerste keer in 36 jaar die gesogte titel kon buit.