Geen vuurwerke in Swakopmund

Die munisipaliteit van Swakopmund het alle inwoners en besoekers gewaarsku dat die skiet van vuurwerke sonder vooraf goedkeuring by die owerhede volgens wet verbied is. Vuurwerke is traumaties vir klein kinders, asook troeteldiere soos honde en katte. Oortreders moet by die polisie aangemeld word en sal met die gereg te doen kry. Dieselfde waarskuwing en reëls geld vir Walvisbaai. Daar is net een amptelike beplande vuurwerkvertoning vir Oujaarsnag naby Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai beplan. Dié vuurwerkvertoning is in konsultasie met die DBV, die Namibiese polisie en die brandweer beplan en goedgekeur.