ANC bestee miljoene aan Kubaanse personeel

Die Suid-Afrikaanse minister van die staatsdiens, Thulas Nxesi, het onthul die ANC-regering het meer as 308 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Kubaanse dokters en ingenieurs bestee. Nxesi sê sedert 30 April is daar geen Kubaanse leerkragte of verpleegkundiges in diens van die staat nie. Daar is egter 65 ingenieurs wat die staat bykans 50,4 miljoen rand kos en 229 dokters, wat die staat byna 258 miljoen rand kos.