Shifeta tree in by renoster stropery, vertrek na Etosha

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het na die Etosha Nasionale Park gevlieg om onmiddellike veranderinge aan te bring nadat 11 swartrenosters in die noordweste van die park gestroop is. Hy het beveel dat die hoof van die teenstropingseenheid van Windhoek na Etosha verskuif word, maar bevestig dat vermoedens bestaan dat die personeel wat in die park werk, betrokke is by die stropery. Die omgewingsministerie sal Maandag ‘n mediakonfrensie in dié verband hou. Die stap kom na foto’s van die gestroopte renosters aandui dat een ‘n enkelband aangehad het en dus, gemonitor was. Die karkas was meer as drie weke oud.