Amasone-moord: Britse joernalis Dom Phillips geïdentifiseer

’n Forensiese ondersoek wat uitgevoer is op oorskot wat in die Amasone-reënwoud gevind is, het bevestig dat dit die vermiste Britse joernalis Dom Phillips is. Die ondersoek duur voort om sy kollega, die Amasone-aktivis, Bruno Pereira te identifiseer. Die twee se liggame is gevind na hulle op 5 Junie vermis geraak het en ‘n ondersoek van stapel gestuur is. Vroeër die week het die polisie menslike oorskot in ‘n graf in die oerwoud gevind waar hulle gelei is deur ‘n visserman, Amarildo da Costa Oliveira, wat erken het dat hy die twee mans vermoor het. Pereira was ‘n kenner in inheemse stamme in die reënwoud en het hom beywer vir hul beskerming en die beskerming van hulle natuurlike hulpbronne, wat vis insluit. Brasilië se federale polisie sê dat nog ‘n verdagte in die moord soek is.