ANC bekommerd oor Johannesburg se dienslewering

Die ANC in die Stad Johannesburg sê hy is bekommerd dat inwoners ly weens gebrek aan politieke rigting wat dienslewering betref. Die party se woordvoerder, Mpho Moerane, sê dit is presies 14 dae sedert die DA-burgemeester Mpho Phalatse verkies is, maar sy is nog nie ingesweer nie en het nie die burgemeesterskomitee bekend gemaak nie. Hy sê die nuwe burgemeester kan nie die komitee bekend maak nie omdat koalisievennote nie saamstem met die DA se bepalings en voorwaardes van die koalisie-ooreenkoms nie.