Net een sterfgeval by Namibiese myne

Rolspelers in die Suid-Afrikaanse mynbedryf en die departement van minerale bronne en energie sê die dringende ingryping om gesondheid en veiligheid, en veral die voortgaande lewensverliese onder werknemers in dié bedryf aan te spreek, mag nie onderskat word nie. Daar is tot dusver vanjaar 69 sterftes aangemeld teenoor 48 in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Suid-Afrikaanse Minerale-raad sê werk word reeds gedoen om grondstortings en vervoerverwante ongelukke te ondersoek aangesien dit die hoof-oorsake van sterftes is. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese sê veiligheid by Namibiese myne sê aan Kosmos 94.1 Nuus ongelukkig is een lewensverlies vanjaar gely, maar die sektor streef na geen ongevalle.