Novak Djokovic gereed om na Australië te reis

Tennis: Die wêreld nommer-een, Novak Djokovic, is vandag aangewys in Serwië se span vir volgende maand se die ATP-bekertoernooi in Sydney ná bespiegelings of hy weens die inentingsreëls na Australië sou reis. Twyfel het bestaan oor of die 20-malige Grand Slam-kampioen sy Australiese Ope-titel in Januarie sou verdedig nadat hy geweier het om te openbaar of hy teen die koronavirus ingeënt is. Hy is egter ingesluit in die Serwiese span van vyf spelers vir ‘n toernooi wat die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar voorafgaan.