Ana saai verwoesting, op pad na ons toe

Die tropiese storm wat vroeër sikloon Ana gedoop is en geweldige skade in Madagaskar, Mosambiek en Malawi veroorsaak het, het nie sikloonstatus bereik nie. Die storm het tot dusver 70 lewens geëis, waarvan 41 in Madagaskar, 18 in Mosambiek en 11 in Malawi. Ana, wat die eerste tropiese storm in 2022 is wat ‘n naam gekry het, is op pad na Namibië toe.