VAE lig reisverbod op 5 Afrikalande

Die Verenigde Arabiese Emirate gaan van die naweek af weer vlugte tussen die land, Suid-Afrika en vier ander Afrikalande toelaat, wat ‘n wesenlike impak op die Dubai 2020-ekspo, wat op die oomblik aan die gang is, het. Die VAE het die reisverbod in November ingestel toe die Omikron-variant van die koronavirus geïdentifiseer is. Die ander Afrikalande is Ghana, Uganda, Angola en die Ivoorkus. Emirates-lugdiens sê sy vlugte na en van Suid-Afrika, Kenia, Ethiopië, Tanzanië en Zimbabwe word môre hervat. Reisvereistes vir elke streek kan verskil en passasiers word gevra om hulle van die reëls te vergewis.