Hommeltuie ook ingespan by Eskom teen vandalisme

Eskom het bykomende sekuriteit verkry om die hoë vlak van vandalisme, wat ook tot kragtekorte lei, te voorkom. Die bestuurshoof, André de Ruyter, sê die bestuur het beslissend opgetree en ‘n bykomende 450 wagte aangestel en belê in digitale metodes om beheerkamers te waarsku, ten einde vandalisme en diefstal te beheer. Hy het die media by Eskom se hoofkantoor oor die toestand van die stelsel toegespreek: