Amushelelo vol planne vir werk vir werkloses

Namibië se woeligste aktivis, die NEFF-lid Michael Amushehelo, was weer in die nuus toe hy op Onafhanklikheidsdag sy protes teen jeugwerkloosheid gehou het. Daar was egter niemand in Windhoek om sy petisie te ontvang nie, en hy het die protes Woensdag voortgesit. Hy het toe die petisie aan verteenwoordigers van die arbeid-ministerie oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat oor die pad vorentoe en wanneer hulle ‘n reaksie op die petisie verwag.