Wanderers bied rugbyklinieke vir tjokkertjies aan

FNB Wanderers Rugbyklub gaan oor verskeie naweke ‘n rugbykliniek aanbied wat vir onder-10 en onder-11-spelers saamgestel is. Aspirant-rugbysterre word genooi om Wanderers se facebook-blad dop te hou, waar die datums en tye van die klinieke bekend gemaak sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigter, Dirk Human, gesels oor die doelwitte van die rugbykliniek.