Amnestie Internasionaal kritiseer polisieminister se optrede teen zama-zama’s

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die kwessie van onwettige mynbou is al vir te lank onopgelos gelaat. Die organisasie het die minister van polisie, Bheki Cele, se benadering met die hantering van die kwessie gekritiseer. Cele het verskeie wetstoepassings-eenhede ontplooi om op mynhope in die Krugersdorpse omgewing toe te slaan, ná die groepsverkragting van agt vroue. Die direkteur, Shenilla Mohamed, het ook die rol van wetstoepassing met die beheer van toegang tot vuurwapens in gemeenskappe bevraagteken.