VSA verklaar aappokke as openbare gesondheidsgevaar

Amerika het die aappokke-uitbreking as ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar terwyl die aantal gevalle in die land tot 6 600  gestyg het. Dié verklaring volg ná die Wêreldgesondheidsorganisasie verlede maand aangekondig het aappokke is ‘n wêreldwye openbare gesondheidsgevaar. Gevalle is in alle state behalwe Montana en Wyoming aangemeld. President Joe Biden sê hy is steeds verbind tot die optrede teen die siekte, groter verspreiding van entstof, meer toetse en bewusmaking van gemeenskappe waar die risiko’s hoog is.