Politieke ontleder: Ooreenkoms met Namibiese staatsamptenare is twyfelagtig

‘n Namibiese politieke en sosiale kommentator het gereageer op die ooreenkoms wat bereik is tussen die regering en die vakbonde wat die staatsamptenare verteenwoordig. Die staking van staatsamptenare is afgelas nadat ‘n ooreenkoms in die hoofstad onderteken is. Dit volg ná staatsamptenare ten gunste van ‘n staking gestem het nadat hulle vir sewe jaar geen salarisverhoging ontvang het nie. Staatsamptenare kry nou ’n drie persent-verhoging in plaas van die nege persent-verhoging waarop hulle aangedring het. Dit bring die staatsdiens se salarisrekening te staan op byna ‘n miljard Namibiese dollar per jaar. Dr. Ndumba Kamwanyah gesels met Kosmos 94.1 Nuus.