Amnestie Internasionaal: Gehalte-onderwys kom eerste

Amnestie Internasionaal wil hê die regering moet die verskaffing van gehalte-onderwys vooropstel om werkloosheid onder die jeug in die land te verminder. Die menseregtegroep sê die nalatenskap van apartheid belemmer steeds die land se onderwysstelsel. Die uitvoerende direkteur, Shenilla Mohamed, sê jong mense vanuit verarmde gemeenskappe dra steeds die swaarste weens die regering se verbreekte beloftes.