Akani Simbine derde in Diamantliga

Atletiek: Die naelloper Akani Simbine moes tevrede wees met die derde plek in die 100 meter by ‘n Diamantliga-byeenkoms in Oslo. Die wedloop is beïnvloed deur ‘n vals wegspring en swaar reën in Noorweë. Die Olimpiese bronsmedaljewenner van Kanada, André de Grasse, was eerste in ‘n tyd van 10,05-sekondes, en Reece Prescot van Brittanje het tweede geëindig. Simbine was derde in ‘n tyd van 10,09 sekondes, net effens stadiger as sy beste tyd dié seisoen van 10,06 sekondes.