Amerikaners was in selfoonkontak met Heckmair

Die moordverhoor van die twee Amerikaanse burgers, Kevan Townsend en Marcus Thomas hervat volgende week Maandag in die hoërhof. Die saak sloer reeds sewe jaar en 11 jaar nadat Andre Heckmair doodgeskiet in sy motor in Klein Windhoek gevind is. Volgens die jongste getuienis wat in die hof gelewer is, was daar selfoonkontak tussen die twee en Heckmair, met die laaste kontak om vier minute voor 12 op 7 Januarie 2011. Heckmair is kwart oor een daardie dag dood aangetref. Vroeër het Heckmair se familie getuig dat hy ‘n ete-afspraak met die twee gehad het daardie dag. Daar is volgens die staat bewyse dat die twee selfoonnommers deur die twee Amerikaners aangeskaf is. Die twee ontken die klagte teen hulle. Regter Christie Liebenberg verhoor die saak.