Huishoudings se skuldvlakke wek kommer

Namibiese verbruikers trek noustrop en die meeste se skuldprobleme raak by die dag groter met meeste van die privaatsektor kredietverlening wat aan huishoudings gaan. Die jongste plaaslike syfers toon dat teen Maart vanjaar het huishoudings 50 persent van hulle inkomste op skuld bestee en in Suid-Afrika lyk die prentjie nie anders nie. Die bedryfshoof van DebtBusters in die buurland, Benay Sager sê volgens hulle jongste syfers is die gemiddelde skuld-tot-verdienste-verhouding tans die hoogste ooit, in vergelyking met dieselfde tydperk vyf jaar gelede. Hy sê hulle kyk op twee maniere na verbruikers met skuld: