Amerikaanse moordbeskuldigde se borgaansoek van hofrol geskrap

Een van die twee Amerikaanse burgers wat teregstaan op die moord van die 25-jarige André Heckmair wat in 2011 in sy motor in Windhoek doodgeskiet is, se nuwe borgtogaansoek is van die hand gewys nog voordat dit nog aangehoor is. Regter Dinnah Usiku het Kevan Townsend se aansoek van die Windhoekse hoërhof-rol geskrap omdat dit glo onvolledig ingedien is. Volgens regter Usiku was die besonderhede van sy vorige borgtogaansoek twee jaar gelede nie aan haar verskaf nie. Die hof vereis dat wanneer ’n borgtogaansoek van die hand gewys word en ’n beskuldigde weer ’n aansoek indien, moet die aansoek gegrond word op nuwe feite wat nie tydens die vorige borgtogaansoek ter sprake was nie.