Sadou verwelkom nuwe skooljaar

Sadou in die buurland het die begin van die 2023 akademiese jaar verwelkom met binnelandse skole wat vandag hul deure vir leerders oopmaak. Die vakbond sê hy wou graag sien dat doeltreffende onderrig en leer op die eerste skooldag plaasvind, maar dit is nog nie ‘n werklikheid nie omdat baie leerders nog nie toegang tot skole het nie weens onder meer ingewikkelde laat-registrasie- en toelatings-prosesse. Sadou se hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, sê die bykomende aanlyn aansoekstelsel in sommige provinsies, soos Gauteng, Wes-Kaap en Noord-Kaap, het nie die probleem verlig nie.