Judges Matter soek volle regbank vir Cyril-interdik teen Zuma

Judges Matter in die buurland sê dis geregverdig dat ‘n volle regbank van die Suid-Gautengse hooggeregshof die dringende saak aanhoor wat President Cyril Ramaphosa teen sy privaat vervolging deur oudpresident Jacob Zuma ingedien het. Zuma beskuldig Ramaphosa dat hy ‘n medepligtige is in die beweerde misdaad-aanklag teen staatsadvokaat William Downer. Judges Matter  se woordvoerder, Mbekezeli Benjamin, sê hoëprofiel-individue is by die saak betrokke en daarom is ‘n volle regbank nodig.