Ouditeur-generaal het kommer oor lakse indiening

Die buurland se ouditeur-generaal Tsakani Maluleke het die Parlement gevra om in te gryp en munisipaliteite sover te kry om hulle finansiële state teen die sperdatum in te dien. Minstens 14 munisipaliteite het nie hulle finansiële state vir 2023 betyds ingedien om geoudit te word nie. Dit sluit die Stad Tshwane en die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes in. Maluleke sê sy het die Parlement se waarnemende speaker, Lechesa Tsenoli, gevra om die kwessie na die portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake te verwys.