Amber Heard beplan glo om te appelleer

 Die aktrise Amber Heart beplan om glo te appelleer nadat die jurie Woensdag ten gunste van haar eksman, Johnny Depp, in ‘n smerige naamskendingsaak beslis het. ‘n Jurie in Virginië het bevind Heard het Depp se naam skade berokken toe sy in 2018 ‘n meningstuk in die Washington Post geskryf het wat na haar bewerings van huishoudelike geweld verwys. Die jurie het 15 miljoen dollar aan Depp toegeken, maar die regter het die bedrag later op 10,35 miljoen dollar vasgestel omdat daar volgens wet ‘n beperking is op bestraffende skadevergoeding. Heard is twee miljoen dollar in herstellende skadevergoeding toegeken.