Namibiese ekonoom gee sy mening oor die April-handelsbulletin

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die handelsbulletin vir April van die Namibiese Statistieke-agentskap. Suid-Afrika het na vore getree het as Namibië se grootste mark vir uitvoere, terwyl Botswana in die tweede posisie gekom het as die grootste bronmark vir die land. Die samestelling van die uitvoermandjie vir die maand van April het hoofsaaklik bestaan uit minerale soos edelstene soos diamante, uraan sowel as nie-monetêre goud. Vis was steeds die enigste nie-minerale kommoditeit binne die top vyf produkte wat uitgevoer word. Ekonoom van Simonis Storm, Theo Klein is aan die woord.