Twee Amerikaanse vroue laat spaander toe Löwenrivier afkom

Twee Amerikaanse vroue wie se gehuurde Namibia2Go-voertuig vanmiddag in die Löwenrivier op die C12-roete naby die Nautedam vasgeval het, moes hardloop om betyds op die oewer te kom toe dié rivier sterk afgekom het. ‘n Voertuig van Southern Tow-in op Keetmanshoop wat daar was om hulle uit te trek, het weggespoel. NamWater het vanoggend ’n kennisgewing uitgestuur dat al vier die sluise van die Nautedam vanmiddag om 12-uur oopgetrek sal word, omdat die dam toe 108 persent vol was.