Altesaam 14 renosters, vyf olifante in Namibië gestroop

Die Namibiese omgewingsministerie het bekend gemaak dat tot dusver vanjaar 14 renosters gestroop is en slegs vyf olifante. Verlede jaar is 33 renosters gestroop en 12 olifante. Die renosters wat vanjaar gestroop is, is sewe elk swart- en witrenosters. Die sewe witrenosters en een swartrenosters is onder private eienaarskap en die ses ander swartrenosters is in die Etosha Nasionale Park gestroop.