VN Vlugtelingsagentskap en SA Menseregtekommisie onderteken ooreenkoms


Die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken. Die doel is om die menseregte te beskerm van asielsoekers, vlugtelinge, mense wat binnelands ontwortel is en mense sonder vaderland in Suid-Afrika. Die agentskap se verteenwoordiger in Suid-Afrika, Leonard Zulu, sê dit skep ‘n samewerkingsraamwerk tussen die twee organisasies om menseregte te beskerm. Hy sê menseregte is die middelpunt van die beskermingstelsel vir mense wat ontheem is weens konflik, vervolging en geweld.