NamPower-werkers eis verhoging van 8,41%

NamPower-werknemers eis ‘n salarisverhoging van 8,41 persent. Hulle het vandag ‘n vreedsame betoging by die hoofkantoor van die onderneming in Windhoek gehou. Hulle eis kom nadat die besturende direkteur Simson Haulofu ‘n mededeling uitgereik het waarin gesê word dat die maatskappy nie geld vir verhogings het nie. Haulofu beweer dat die onderneming baie finansiële uitdagings in die gesig staar, te wyte aan die Covid-19-pandemie, sowel as die hoë skuld van sy kliënte, wat honderde miljoene beloop. Die voorsitter van die vakbond, Epson Nakale, het die petisie van die werknemers voorgelees.