R204m tot R899m daagliks verloor oor beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank beraam dat ses tot 12 ure beurtkrag die ekonomie daagliks tussen 204 miljoen en 899 miljoen Suid-Afrikaanse rand kos. Eskom het bevestig beurtkrag gaan minstens nog twee jaar voortduur terwyl die opwekkingsvloot opgeknap word. Die Reserwebank voorspel elektrisiteit sal hierdie jaar vir 250 dae gerantsoeneer word. Daar is tans ‘n sterk proses aan die gang in die nasionale energiekrisiskomitee vir ‘n nuwe wet om aanlegontwikkeling te versnel.