Alle oë op die All Blacks en die Bokke…

Daar is slegs twee wedstryde oor in vanjaar se Rugbykampioenskap en enige van die vier spanne kan nog die titel inpalm. Die All Blacks en die Springbokke is die gunstelinge aangesien hulle boaan die punteleer is en tuis speel. Die All Blacks kom môreoggend in die eerste wedstryd teen Australië te staan voor Suid-Afrika later in Durban met Argentinië kragte meet. Die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit is weer in die beginspan en sê hy is gereed om sy staal te toon: