Gat in osoonlaag teen 2070 toe

Wetenskaplikes beraam die gat in die osoonlaag sal teen omstreeks 2070 toe wees. Die vlakke van chemiese vrystellings het afgeneem en daal steeds. Wetenskaplikes verbonde aan die Amerikaanse Nasionale Administrasie vir Oseane en Atmosfeer meet jaarliks die omvang van die gat in die osoonlaag en het bepaal dit begin wegkwyn. Wetenskaplikes het in 1987 vasgestel sekere chemikalieë veroorsaak ‘n gat in die osoonlaag wat die planeet teen die son se skadelike strale beskerm. Dit was die mensdom se eerste waarskuwing oor die gevolge vir die klimaat.